Local NewsNews

Fines4U kan jou help

Cornelia en haar span het ook onlangs hul eerste hofsaak wat oorspronklik in 2012 teen JMPD begin het, gewen.

FINES4U is ’n maatskappy in Hennie Albertsstraat, Brackenhurst wat verkeersboetes landswyd namens maatskappye en individue bestuur. Die maatskappy is in 2006 deur Cornelia van Niekerk, Fines4U se direkteur, begin. Volgens haar het sy net besluit dat dit tyd is vir iets anders. Fines4U spesialiseer daarin om verkeersboetes te bestuur, hulp aan maatskappye en individue te verleen en die lisensiering van voertuie. Hulle hoofdoel is om ’n diens te lewer.

In ’n onderhoud met die RECORD het Cornelia gesê dat die maatskappy ook baie terug gee aan die gemeenskap en gereeld by projekte en fondsinsamelings betrokke is. “Dit wat ek in kry gee ek weer uit,” het sy gesê.

Fines4U het al 500 indrukwekkende maatskappye en 7 000 individue onder hulle vlerk. Cornelia en haar span het ook hul eerste hofsaak wat oorspronklik in 2012 teen JMPD begin het, gewen. Hulle het JMPD beveg nadat hulle boetes gepos het sonder om dit te registreer.

Die uitspraak is in 2014 gelewer en is opgeskryf so baie toekomstige sake sal daarna kan verwys. Cornelia is tans besig met nog ’n hofsaak wat in September sal voorkom.

Nie net bestuur die maatskappy mense se verkeersboetes nie, maar hulle help ook mense om geld te spaar. Op ’n vraag van hoekom mense Fines4U moet kies, het sy geantwoord en gesê: “Ons maatskappy is eerlik en opreg, ons lewer dienste landswyd en ons is daar om probleme op te los.

“Ek hou nie van spoed nie en sal ook nie vir iemand veg wat ander se lewens in gevaar stel nie, maar wanneer mense nie volgens die wet werk nie, gaan ek nie terugstaan nie,” het Cornelia gesê.

Fines4U se doelwitte is om dieselfde diens te lewer en te verseker dat die verkeersdepartemente nie hulle as ’n vyand sien nie, maar dat hulle saam as ’n span kan werk.

Cornelia het ook gesê dat sy so dankbaar is vir al haar kliënte wat die pad al saam met haar gestap het en sy het hulle vir hulle ondersteuning bedank.

Mense kan meer oor Fines4U op hulle webwerf gaan lees en hulle op Facebook en Twitter volg. Vir meer inligting, skakel 011 867 7331 of 082 449 2274.

Related Articles

Back to top button