Local NewsNews

Dr Leopold Scholtz se nuwe boek

Nuwe boek uit die pen van gesoute historikus en joernalis bekendgestel.

DIE NUUTSTE boek uit die pen van die gesoute historikus en joernalis dr Leopold Scholtz is pas in Pretoria bekendgestel.

Kruispaaie: Afrikanerkeuses van die 19de en 20ste eeu plaas die grootste besluite wat die Afrikaner in die afgelope nagenoeg 150 jaar geneem het onder die vergrootglas.

Die boek is op 14 April tydens ? paneelgesprek by die Erfenisstigting bekendgestel.

Die geskiedkundige Fransjohan Pretorius, Flip Buys (voorsitter van die Solidariteit Beweging), Barnard Beukman (redakteur van die dagblad Beeld) en Scholtz, self, het aan die gesprek deelgeneem, terwyl Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, as gesprekleier opgetree het. Hulle het die keuses uit die verlede onder die loep geneem.

Deur hierdie merkwaardige publikasie oor die Afrikaner se verlede sal die hedendaagse Afrikaner uitsonderlike perspektief oor verskeie rigtinggewende besluite vind.

Hierdie besluite het nie net die verloop van die geskiedenis vir die Afrikaner as gemeenskap in ? sekere rigting gestuur nie, maar ook die geskiedenis van Suid-Afrika in geheel onherroeplik verander.

Die Afrikaner se keuse om tot stand te kom en om enduit te veg in die uitmergelende en verwoestende Anglo-Boereoorlog is van die eerste keuses wat in Kruispaaie ondersoek word. Scholtz beklemtoon dat hierdie pertinente besluit om tot die bittereinde te veg weliswaar ? bepalende rol in die oorlewing van die Afrikaner gespeel het, en Afrikaners met ? trots gevul het wat jare later nog gevoel is – ? trots waarsonder die Afrikaner waarskynlik andersins sou wegkwyn.

Latere keuses, soos die instelling van apartheid, die radikalisering van Afrikanernasionalisme en ook die uiteindelike keuse vir hervorming skets ? noodsaaklike prentjie van omstandighede, keuses en gevolge uit hierdie tydperk in die Afrikaner se geskiedenis.

Hoewel Kruispaaie nie poog om partydig te staan teenoor besluite wat deur die dekades geneem is nie, bied dit ? waardevolle ontleding van die geskiedenis wat die Afrikaner van vandag ? beter begrip van dié besluite sal gee.

Kruispaaie is ? bondige publikasie wat die grootste keerpunte in die Afrikaner se geskiedenis ondersoek en selfs brandende vrae oor die Afrikaner se toekoms prontuit stel.

Kruispaaie: Afrikanerkeuses in die 19de en 20ste eeu is beskikbaar by Kraal Uitgewers. Besoek www.kraaluitgewers.co.za of skakel 012 644 4329 om dié boek te bestel. Klik hier vir hoë resolusie foto’s van skrywer en boekomslag.

Oor die skrywer:

Dr Leopold Scholtz is in 1948 gebore en het aan die Universiteit van Stellenbosch, die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) en die Universiteit van Leiden in Nederland studeer, waar hy in 1978 sy doktorsgraad in geskiedenis behaal het. Gedurende sy loopbaan was hy onder meer adjunk-redakteur van Die Burger en tot en met sy aftrede, in 2013, Media24 se Europese mediakorrespondent. Hy spits tans sy aandag toe op die skryf van boeke en politieke ontledings. Hy was buitengewone professor in geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch en sit sy verbintenis met dié instelling as navorsingsgenoot voort.

Scholtz is die skrywer en/of medeskrywer van ses boeke (insluitende Die SAW en die Grensoorlog, 1966-1989; Beroemde Suid-Afrikaanse Krygsmanne; en Generaal Christiaan de Wet as veldheer), asook sowat 50 eweknie-beoordeelde akademiese artikels en hoofstukke in versamelwerke.

(Inligting deur Ilze Nieuwoudt, publikasiebestuurder, verkry)

Related Articles

Back to top button