Voetspore van die lewe

Hy het aan die RECORD gesê dat dit die voetspore van die lewe is en dat dit die beste geskenk nog ooit was.

DIT was ’n groot dag vol opgewondenheid en feesvieringe vir die leerlinge en personeel van Laerskool President Steyn op 12 April. Die skool se hoof, PJ le Roux, het verjaar en die skool het dit goed gedink om ’n lap van 93 meter op die skool se heining te plaas. Op die lap is die voetspore van leerlinge en onderwysers vanaf graad een tot sewe. Die spore is van groot na klein van hoe die kleintjies die groottes volg. Tussen deur die voetspore loop daar ’n ry groen groot voete wat dan die hoof se voetspore is. Almal volg weer in sy voetspore. Hy het aan die RECORD gesê dat dit die voetspore van die lewe is en dat dit die beste geskenk nog ooit was. Le Roux is al vir nege jaar die skoolhoof

Exit mobile version