Local NewsNews

Nuwe logo vir Ligstad om ‘n nuwe era in te lei

Met 'n nuwe era vir Ligstad was daar net geen ander keuse as om nuwe logo ook bekend te maak nie

SAAM met groei en verandering kom terugkyk en vorentoe kyk.

Alida Jooste, maatskaplike werker van Ligstad, noem dat die direksie van die organisasie met die terugkykslag, kon sien hoe wonderlik God Ligstad sedert September 2012, toe die deure vir die gemeenskap geopen is, geseën het.

As Ligstad na die hede kyk kan hulle sien dat hulle visie en missie nog relevant is.

Ligstad se visie lees: “Dit is ons Hemelse opdrag om die gemeenskap van Alberton-Noord te bemagtig om ‘n baken van hoop te wees vir die wêreld waarin ons leef”.

Hulle missie is: “Om in afhanklikheid van God, die gemeenskap op te hef deur middel van pro-aktiewe gemeenskapsontwikkelingsdienste, deur die gemeenskap aan die gemeenskap gelewer, en om sodoende ‘n gemeenskap te ontwikkel wat onafhanklik van die welsynsisteem kan funksioneer”.

Daar is verder genoem dat wanneer die Ligstad-span (bestaande uit direksie, personeel en vrywilligers) die toekoms inkyk, met hul drome in ag genome, hulle sien hoe God hulle bly omvorm soos wat Hy tot op hede gedoen het. Ligstad was genoodsaak om krities te gaan kyk na hul logo en die direksie het tot die slotsom gekom dat hulle, saam met die nuwe era, ’n nuwe logo benodig.

“Ligstad deel dus graag die nuwe logo met die gemeenskap van Alberton, met die uitnodiging dat gemeenskapslede welkom is om hulle opinie daaroor met ons te deel,” het Alida gesê. Alida kan gekontak word by 079 693 3666 en hoor graag wat u dink van die nuwe logo.

Besoek ook Ligstad Alberton op hul Facebook-blad vir meer inligting oor die organisasie.

Related Articles

Back to top button