Community AnnouncementsNews

NG Kerk word 100

Die kerk het ontstaan uit die moedergemeente, waar Ligstad vandag is.

INWONERS word genooi om die NG Kerk in Alberton se 100ste verjaarsdag te vier.

Jy kan ’n helpende hand bied deur die lidmate met die verskaffing van foto’s, verhale, gebeurtenisse, bedienings in die gemeente, gelukwense, hoogtepunte, of selfs ander geskiedenis brokkies te help.

Volgens ds Deon Louw, is dit hulle voorreg om die bundel te skryf .

“Al die gemeentes het uit die Moedergemeente, waar Ligstad vandag is, ontstaan en daarom is ons so opgewonde hieroor,” het hy gesê.

Alle skryfwerk moet voor of op 31 Maart by die kerkkantoor, by Forestraat 11, ingedien word, of na deon702@yahoo.com gestuur word.

Die gemeenskap word aangemoedig om hulle herinneringe met die kerk te deel.

Lees ook : https://www.citizen.co.za/alberton-record/90001/geloftediens-by-ng-kerk/

https://www.citizen.co.za/alberton-record/32753/a-day-for-crafters-at-ng-kerk/

Related Articles

Back to top button