Atlete sorg vir tweede plek

Verlede jaar het die skool 18 atlete gehad wat aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem het.

HOËRSKOOL Marais Viljoen het uitstekend gevaar tydens die Interhoër atletiekbyeenkoms wat Dinsdag, 23 Februarie, by die Herman Immelman Stadion gehou is. Die skool het algeheel tweede geëindig.

Volgens ’n onderwyser is dit die aflosspanne se moedige vertonings wat vir die tweede plek gesorg het. Die dapper aflosspanne en al die atlete het tot op laaste nippertjie hul alles gee.

Vier-en-dertig atlete is in die D6-span vir die Gauteng Kampioenskappe ingesluit vanuit die 52 atletiekitems. Verlede jaar het die skool 18 atlete gehad wat aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem het.

 

Lees ook :

Marais Viljoen edge out Potch Volkies

Marais Viljoen uitblinkers

Hoërskool Marais Viljoen se Magdalena Schmidt presteer

Exit mobile version