Local newsNews

Afrisake verwelkom Nersa uitspraak

AfriSake verwelkom Nersa se aankondiging dat hulle slegs ’n algemene tariefverhoging van 9.4 persent in die elektrisiteitsprys sal toelaat.

AFRISAKE verwelkom die nasionale energiereguleerder (Nersa) se aankondiging dat hulle slegs ’n algemene tariefverhoging van 9.4 persent in die elektrisiteitsprys sal toelaat.

Dit kom ná Eskom Nersa weke lank probeer oortuig het dat ’n 16.6 persent verhoging geregverdig is om ’n tekort in algemene inkomste aan te spreek en sekere uitgawes te dek.

“Nadat ons die openbare verhoor op 4 Februarie bygewoon het, was ons en die res van die aanwesige rolspelers vol vertroue dat Eskom nie in sy aansoek sou slaag om ’n 16.6 persent verhoging in elektrisiteitstariewe toe te pas nie. Nersa se aankondiging vandag spreek boekdele van die impak wat Suid-Afrikaners op hul eie toekoms kan hê, en ons is ingenome met die uitspraak. Dit is ’n oorwinning vir almal,” het Armand Greyling, regs- en beleidsanalis vir AfriSake, gesê.

AfriSake is verbind tot die beskerming van die regte van alle Suid-Afrikaners, veral dié in die korporatiewe bedryf, en sal voortgaan om ’n ogie oor elektrisiteitsvoorsiening regoor die land te hou en sal nie skroom om regsaksie te neem as Eskom elektrisiteitsvoorsiening onderbreek weens munisipale skuld wat nie aan Eskom oorbetaal word nie.

Lees ook:

*Send Your complaints to Eskom

Related Articles

Back to top button