SPRINGBOK Apteek se Shavathon wat Saterdag, 27 Februarie, gehou is, was weereens ’n volslae sukses.
Inwoners het hare laat afskeer, op hulle gesigte laat verf en hulle hare in alle kleure met spuitverf laat spuit. Tina Avjnant van Springbok Apteek het gesê dat dit haar vierde Shavathon is en dit was Debbie Grant se sesde een. “Dié is seker een van die lekkerste dae ooit, om weer iets vir mense, en veral vir kankerlyers, te kan doen,” het Tina gesê.