Local newsNews

NG Kerk word 100

Die kerk het ontstaan uit die moedergemeente waar Ligstad vandag is.

Inwoners moet nie vergeet dat die NG Kerk in Alberton vanjaar hulle 100ste verjaarsdag vier nie.

Ter viering van hul eeu oue bestaan gaan die kerk ’n feesbundel uitgee.

Mense kan help deur foto’s, verhale, gebeurtenisse, bedienings in die gemeente, gelukwense, hoogtepunte of selfs ander geskiedenis met die lidmate te deel.

Volgens ds Deon Louw is dit hulle voorreg om die bundel te skryf .

“Al die gemeentes het uit die Moedergemeente, waar Ligstad vandag is, ontstaan en daarom is ons so opgewonde hieroor,” het hy gesê.

Alle skryfwerk moet voor of op 31 Maart by die NG Kerk Alberton-Wes se kerkkantoor, by Forestraat 11, New Redruth, ingedien word of na deon702@yahoo.com gestuur word. Die gemeenskap word aangemoedig om hulle herinneringe met die kerk te deel.

Lees ook:

*NG Kerk Brackenhurst

*NG Kerk sê dankie vir bejaardes

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button