Local newsNews

Kom luister saam

Die groep vergader maandeliks elke tweede en vierde Donderdagaand.

KOM luister na Elizabeth van der Merwe tydens die Afrikaanse Toastmasters Alberton se vergadering op 25 Februarie om 18:30 by die NG Kerk Alberton-Noord, hoek van Basson- en Jan Meyerstrate in South Crest.

Elizabeth het ’n opdrag gekry om ’n groen huis te bou met die voorwaarde dat die huis buite die water- en kragnetwerk moet funksioneer. “Sy is vrou alleen die Natalse platteland in om met die leiers te onderhandel vir sand, water en wat sy ookal nodig gehad het. Daar het sy van plaaslike arbeid gebruik gemaak en hulle opgelei,” het Marcharl Jankowitz gesê. Elizabeth is ’n raakvatter en ’n planmaker. Om so sonder elektrisiteit en lopende water te leef is geen grap nie.

Die groep vergader maandeliks elke tweede en vierde Donderdagaand.

Vir verdere besonderhede, skakel Adri Rothmann by 072 686 3549 of Marcharl by 063 217 3653.

Related Articles

Back to top button