NewsSchools

Reinette laat ’n leemte

Dié Herdenkingsdiens vind op 12 Februarie plaas.

REINETTE van der Linde (63), oud wiskunde-departementshoof van die Hoërskool Alberton, het op 8 Februarie haar drie jaar lange stryd teen kanker verloor.

Sy was, sedert April 1976, verbonde aan die skool en het vir 39 jaar lank by dié skool haar beroep beoefen, totdat sy in 2014 afgetree het.

Reinette was ook vir ’n jaar lank by die Afrikaanse Kunsskool.

Volgens haar dogter, Marisel, was haar ma iemand wie jy enige tyd van die dag of die nag kon bel, hetsy om net te gesels of omdat jy raad nodig het.

“Hoewel my ma ’n baie private mens was, was sy altyd bereid om te help sonder om enigiets terug te verwag,” het sy vertel.

Marisel het ook gesê dat die beste raad wat hulle al van hul ma gekry het, was dat hulle altyd hul beste moet gee en hulself moet wees.

“My ma het baie daarvan gehou om langs die strand te gaan stap,” het sy gesê.

Reinette en haar man, Hendrik, het mekaar vir 45 jaar geken en was 40 jaar lank getroud. Reinette was vir byna 50 jaar ’n inwoner van Alberton.

Haar herdenkingsdiens word op 12 Februarie, om 14:00, by die NG Kerk Alberton-Wes gehou. Sy word oorleef deur haar man, twee kinders en vier kleinkinders.

Op sosiale media het vriende en oud-skoolleeringe mooi boodskappe oor die onderwyser geskryf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button