Ligstad doen beroep op die gemeenskap

Elke vrywilliger is vir Ligstad kosbaar.

“SONDER kinders sou ons huise skoon gewees het en ons beursies vol gewees het, maar ons harte dolleeg,” het Alida Jooste, projekbestuurder en maatskaplike werkster van Ligstad gesê.

By Ligstad se naskoolsentrun is die kinders die hart en siel van alles waarna hulle streef. Personeel en vrywilligers werk hard om ’n gesonde en veilige omgewing waarin kinders kan leer en speel, te skep. Soos die meeste nie-winsgewende organisasies, maak Ligstad staat op die hulp van vrywilligers. “Elke vrywilliger is vir Ligstad baie kosbaar,” het Jooste gesê. Geen akademiese kwalifikasies word benodig om as vrywilliger diens te doen by Ligstad se naskoolsentrum nie. Al wat benodig word is ’n opregte begeerte om ’n belangrike rol te speel in die opvoeding en vorming van ’n kind.

Die meeste vrywilligers tans betrokke by Ligstad se naskoolsentrum, verbind hulself om ten minste een dag per week Ligstad se personeel by te staan. Die naskoolkinders vanaf graad een tot sewe word weeksdae tussen 15:00 en 16:30 gehelp met hul huiswerk. Hoe meer volwassenes daar per middag is, hoe vinniger is die huiswerk klaar en kan die kinders op die volgende aktiwiteit, speel, konsentreer. Vrywilligers kan Alida skakel by 079 693 3666.

Exit mobile version