Local newsNews

Enkel op Valentynsdag? Oorleef dit só

Jy as ’n enkellopende persoon kan steeds dié dag ook lekker maak. Wie het gesê jy moet ’n maat hê om pret te hê?

TERWYL almal rondom jou wonder oor wat hulle vir hul meisies of kêrels moet koop vir Valentynsdag, wens jy, jy het iemand gehad om voor geskenke te koop, of ten minste iemand wat vir jou geskenke kan koop.

Jy as ’n enkellopende persoon kan steeds dié dag ook lekker maak. Wie het gesê jy moet ’n maat hê om pret te hê?

Hier is ’n paar idees vir hoe jy dié dag kan spandeer:

*Hou ’n partytjie vir enkellopendes en kry ’n paar skemerkelkies, aptytwekkers en musiek. (Wie weet miskien ontmoet jy dan sommer Mnr of Mev Reg)

*Gaan fliek saam met vriende.

*Bederf jouself by ’n plaaslike salon of spa.

*Hou ’n pamperlang-partytjie saam met jou beste vriendinne. Maak dit ’n aand met lekker kos, wyn en goeie geselskap.

*Spandeer dié dag op jou rusbank voor die tv met jou gunsteling maaltyd en ’n paar goeie rolprente.

*Maak tyd vir jouself en tiek iets van jou doenlysie af.

*Trek jou danskoene aan en nooi jou vriende saam.

Onthou net, hierdie dag is jou dag ongeag of jy in ’n verhouding is of nie, maak dié dag ’n dag vol bederf.

Lees ook:

Helpende Hand kuier by Kinross

Related Articles

Back to top button