Liefde kan brûe bou

Ronell Erasmus se optrede het beslis aanklank by almal gevind.

HIERDIE was beslis ’n oggend soos min en een met ’n nuwejaars boodskap om te onthou.

Emmanuel, die groep vir afgetredenes by Alberton LewenSentrum, het 2016 met ’n gesellige kuier en optrede van die bekende kunstenaar, Ronell Erasmus, op 21 Januarie afgeskop. Tydens Ronell se optrede, het haar besondere sangtalent die groep so meegevoer dat mens ’n speld kon hoor val in die ouditorium soos almal aandagtig na haar geluister het.

Ronell spits haar deesdae toe op gospelsang, hoewel sy ook country-musiek sing. Sy het ook ’n groot liefde vir operamusiek. Met die lied “Love can build a bridge” het Ronell almal opnuut bewus gemaak daarvan dat ons met liefde brûe kan bou tussen ons en ons naaste – ’n wonderlike nuwejaars boodskap.

Die oggend is afgesluit met groot gesels, ietsie vir die soettande en ’n stomende koppie tee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version