Goue Leeus rugby se goue jaar

Met hul splinternuwe Superrugby uitrusting is die Super Leeus gereed om voort te sit waar hulle afgesluit het met Curriebekerglorie

Presies 126 jaar na die oorspronklike stigting van die Goue Leeus Rugby Unie in 1889, onder die destydse naam Transvaalse Rugby Unie, verower die tuisprovinsie vir die 11de keer in sy geskiedenis die goue Curriebeker in 2015.Om hierdie goue jaar te vier, is ’n terugblik na enkele hoogtepunte per dekade uit die geskeidenis van die Leeus gepas. 1922: Vir die eerste keer word die Curriebeker gewen, onder die aanvoering van Springbokflank, Theunis Kruger. 1938: Sam Walker se 1938 Leeuspan verloor sy eerste tuiswedstryd teen Transvaal met 9-16. 1949: ’n Totaal van 70 000 mense woon die tweede wentoets teen Fred Allen se All Blacks by. 1952: Vir die tweede agtereenvolgende jaar word die Curriebeker gewen, danksy Natie Rens se skepskop in die laaste sekondes vir ’n 11-9 sege. 1968: Transvaal klop Billy Beaumont se Britse Leeus met 14-6. 1971: Na 20 jaar wen die Leeus weer die Curriebeker en deel dit met Noord-Transvaal 14-elk danksy Albertonspringbok Theo Sauermann se omstrede drie. Die beker word die tweede agtereenvolgende jaar in 1972 behou, met hul 25-19 sege oor Oos-Transvaal op Springs.

1986: Transvaal verower sowel die Lionbeker as die Perry Frames trofee as Curriebeker ligawenners, maar verloor 12-22 teen WP in die finaal. 1993: Die suksesvolste provinsiale span in die unie se geskiedenis, wen onder aanvoering van wêreldbekerkaptein Francois Pienaar die Lionbeker, Super 10 en die Curriebeker.

1994: Weer vir die tweede agtereenvolgende jaar word die Curriebeker behou met die grootste aantal punte in ’n finaal, 56-33, oor Vrystaat in Bloemfontein. 1999: Grootste Curriebekersege vir Hannes Strydom se rooibontes met 32-9 teen die Sharks in die afskeidswedstryd van Springbokgrotes Andre Joubert, Gary Teichman en Henry Honiball wie se afskeidspartytjie behoorlik bederf is deur die Leeus. 2015: Na 16 jaar word die trofeekas op Ellis Park, nou Emirates Airlines Park, afgestof om plek te maak vir die Curriebeker. Albertonspeler van vyf seisoene gelede en driedubbele Leeus speler van die jaar toekenningswenner Jaco Kriel, lig die beker omhoog. 2016: Met hul splinternuwe Superrugby uitrusting is die Super Leeus gereed om voort te sit waar hulle afgesluit het met Curriebekerglorie en kan die Japanese Superspan maar kom vir hul eerste oorsese wedstryd in die reeks.

Exit mobile version