Local NewsNews

Sonskyn dames groet 2015

Vir hul afsluitingsfunksie het die dames by Greenfields Gastehuis se restaurant bymekaar gekom en in ’n feestelike luim die jaar behoorlik afgesluit.

GESELLIG saam verkeer en die dames van die VLU Sonskyn-tak is beslis sinoniem.

Vir hul afsluitingsfunksie het die dames by Greenfields Gastehuis se restaurant bymekaar gekom en in ’n feestelike luim die jaar behoorlik afgesluit.

Dames het hooftooisels vervaardig uit ’n verskeidenheid van kombuis artikels, insluitend ’n oranje teemus versier met oranje wasgoedpennetjies, ’n vadoek versier met ’n blikbeker in plaas van ’n blom, ’n kombinasie van kombuisgereedskap, gekleurde en metaal potskuurders en selfs plastiekbakke.

Die dames vergader een keer per maand (10 keer per jaar) op ’n Maandagoggend. Nuwe lede is baie welkom en as jy in die ouderdomgroep van 16 tot 100 jaar en ouer val kan jy gerus inskakel. Kontak 082 552 4683 vir meer besonderhede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button