Brandpunt Kameraklub pryswenners

Brandpunt Kameraklub het hul algehele wenners en beste foto’s vanjaar onlangs aangekondig en gelukgewens.

ALBERTON – Brandpunt Kameraklub het hul algehele wenners en beste foto’s vanjaar onlangs aangekondig en gelukgewens.

Die lid met die meeste salonaanvaardings was Aubrey Siebert met sewe eerste plekke, twee naaswenners, 57 meriete toekennings, en 254 aanvaardings. Aubrey kom ook sewende in die Impala Trofee Fotograaf Kompetisie.

 

Die Victrix vir 2015 oftewel die lid wat die meeste punte behaal het vir foto’s by die klub ingeskryf, was Theona Hilder met twee beste junior pryse, 19 meriete toekennings, 16 goud en een silwer toekenning.

Die klub wil ook hul dank uitspreek aan lede wat die klub geleenthede aangenaam maak.

Indien u sou belangstel om lid te word van die Brandpunt Kameraklub kontak gerus Theona by randpuntkk@gmail.com

Exit mobile version