Local newsNews

NG Kerk Brackendal sê dankie vir bejaardes

Op Saterdag, 21 November het NG kerk Brackendal die inwoners van die Alberton Tuiste vir Bejaardes met smaaklike eetgoed, voortreflike sang en panfluit musiek bederf.

ALBERTON-Dit was voorwaar ‘n gesellige oggend van saamkuier vir die bejaarde inwoners van die Alberton Tuiste vir Bejaardes.

Op Saterdag, 21 November, het NG Kerk Brackendal die inwoners van die tuiste met smaaklike eetgoed en voortreflike sang en panfluit musiek aangebied deur Ryan Walt en Steven Sterling bederf.

Vir die uitreikgroep was dit ‘n seën om die ou mensies en die werknemers van die tuiste sò te kon bederf.

“Sonder die werkers se onbaatsugte diens sal die Tuiste vir Bejaardes voorwaar nie die effektiewe instansie wees wat dit tans is nie,” het een van die gemeentelede gesê.

Die gaste het hulself terdeë geniet en uit vele monde is dit beaam dat dit ‘n wonderlike dag vir hul was.

“Dit was meer ‘n seën vir ons as vir die bejaardes; ons ou mense is vir ons so kosbaar, en om so ‘n bietjie te kan teruggee vir mense wat so ‘n groot aandeel in ons lewens het is maar ‘n klein manier om dankie te sê,” het een van NG Kerk Brackendal se uitreik-spanlede gesê.

Die uitreik is moontlik gemaak deur vele donasies vanuit die gemeente en daarvoor sê die span dankie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button