Local NewsNews

Manie Jackson kuier in Alberton

Manie Jackson, een van die land se voorste Afrikaanse musieksterre, het met sy derde optrede by die Emmanuelgroep, van die Alberton LewenSentrum, beklemtoon dat sy gewildheid steeds op ’n opwaartse kurwe is.

ALBERTON – Manie Jackson, een van die land se voorste Afrikaanse musieksterre, het met sy derde optrede by die Emmanuelgroep, van die Alberton LewenSentrum, beklemtoon dat sy gewildheid steeds op ’n opwaartse kurwe is.

Die waarderende gehoor by die afsluitingsete, gehou by Mad Platter, het aan sy lippe gehang. Die lang toue wat net nie wou korter word soos almal gewag het om hul nuwe CDs te laat teken nie, het sy ongekende gewildheid bevestig.

 

’n Week voordat sy nuwe gospel DVD saam met wyle Fredi Nest op Kyknet se Jukebox vir die eerste keer eksklusief vertoon is, het Manie die gehoor verras met die sing van There’s a fire within me. Hy het dit opgevolg met sy bekende Rose. Voor dit het hy die immergroen Albetonkunstenaar Carike Keuzenkamp se Blue eyes crying in the rain, Gé Korsten se Nicolene en Elvis Presley se Suspicious Minds meesterlik vertolk.

Een en almal het met ’n lied in hul hart huiswaarts gekeer, met groot waardering vir Manie en sy klankman, Hannes Erasmus.

Die volgende kunstenaar by die Emmanuelgroep is Ronel Erasmus in Januarie 2016.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button