Coert en Christine seën Ligstad met groot skenking van die gemeenskap af

Coert Grobbelaar het op 7 November ’n Kerskonsert aangebied by die NG kerk Alberton Suid om fondse vir minder bevoorregte families in te samel en het verstom gestaan oor Alberton se vrygewigheid.

ALBERTON- Wagner tenoor, Coert Grobbelaar het op 7 November ’n Kerskonsert aangebied by die NG kerk Alberton Suid om fondse vir minder bevoorregte families in te samel.

Die Cantare Kinderkoor, Colla Voce Jeugkoor en Laerskool Orion se seniorkoor het saam met Grobbelaar en begeleier, Rudolf Geldenhuis opgetree. Die suksesvolle konsert was van ’n hoë gehalte en bekende kersliedere en koorstukke het die konsertgangers bekoor.

Lees gerus: Muse van die melodie

Volwassenes het elkeen ’n blikkie kos of ’n pakkie nie-bederfbare produkte saamgebring en kinders het speelgoed geskenk. Coert het Ligstad gekontak en die gemeenskap se bydraes van die aand by hulle gaan aflaai om te versprei onder behoeftige families.

Lees gerus: Ligstad se speelgroepie open

“Ek glo Kersfees is ’n tyd vir naasteliefde en welwillendheid en ek wil die gemeenskap van Alberton bedank vir hulle oop harte. Ons kan ’n verskil maak in ander mense se lewens en daaroor is ek baie bly,” sê Coert. Christine Grobbelaar, Coert se vrou, het skryfbehoeftes aangekoop met die fondse wat met die konsert ingesamel is.

“As daar ’n behoefte is kan jy altyd staatmaak op die mense van Alberton,” het Alida Jooste van Ligstad beklemtoon.

Lees gerus: Bejaardesorg ‘n prioriteit by Ligstad

Exit mobile version