Local newsNews

Helpende Hand takel graad eens se grootste leerprobleme

Solidariteit Helpende Hand glo aan opleiding en gaan in 2016 weer hul skooltassie projek uitbrei.

ALBERTON- Dis weer die tyd van die jaar dat voorskoolse kinders begin dink aan hulle eendag as ek groot is drome en al die uitdagings wat dit gaan bied. Solidariteit Helpende Hand gaan behoeftige kinders weereens van ’n skooltassie, met ’n waarde van R350, voorsien.

Die tassie bevat items wat van hul grootste leerprobleme kan uitstryk sodat hulle nie agter raak nie. Helpende Hand glo dat armoede uitgewis kan word deur in opleiding te belê, en dit begin reeds met die gevoel van hoop wat by graad eens geskep word wanneer hulle die nodige skryfbehoeftes kry. Twee Alberton laerskole vind baat by hierdie projek

“Dis ongelooflik om die kinders se opgewonde gesiggies te sien wanneer hulle die nuwe skooltassies uitpak! Elke skooltassie sal soos gewoonlik al die nodige skryfbehoeftes bevat, maar vanjaar sal daar ook Unifix-blokkies, ’n legkaart en ’n witbord in wees. Die inhoud van die tassie moet daartoe bydra dat hulle eendag as ek groot is droom ’n werklikheid kan word,” verduidelik Margolé Riekert, die projekorganiseerder.

Lees gerus: Solidariteit kuier by Kinross

Om uit te vind wat in die skooltassie moet wees, het Helpende Hand graad een onderwysers gevra en ’n opname gedoen by 208 skole wat in 2016 tassies gaan ontvang. Dit het duidelik geword dat perseptuele en motoriese vaardighede die grootste twee leerprobleme vir graad eens is. Om die motoriese vaardighede aan te help, het Helpende Hand Unifix-blokkies en ’n legkaart ingesluit. Daarby word kinders se perseptuele vaardighede verbeter deur op die witbord, ook ingesluit in die tassie, te skryf.

Daar sal 4 762 tassies aan behoeftige graad eens geskenk word en die totale waarde van die projek is nagenoeg R1,8 miljoen.

Lees gerus: Solidarteit skep hoop vir Laerskoolkinders

Jy kan help om seker te maak dat hierdie kinders se eendag as ek groot is droom ’n werklikheid word deur die woord ‘Tassie’ na 38969 te SMS om R10 te skenk wat kan bydra om een tassie vol skryfbehoeftes te borg.

Related Articles

Back to top button