Damesklub sluit jaar af

DIie Alberton Damesklub het hulle gesellige jaareindfunksie gehou op 12 November by die Alberton Aftree-oord.

ALBERTON- Alberton Damesklub het hul gesellige jaareindfunksie gehou op 12 November by die Alberton Aftree-oord.

Dominee Willie Badenhorst het die dames hoop ingepraat vir die toekoms en geïnspireer met sy goeie boodskap. Daarna het Dr Paul Potgieter die gaste in Kerssang gelei met sy trekklavier en panfluit terwyl hulle ou gunstelinge soos Stille Nag, en Somer-kersfees gesing het. Om die feestelike oggend af te sluit het die dames ’n heerlike ete geniet.

Die dekor is behartig deur Lorraine Theron.

Alberton Damesklub verwelkom nuwe lede en nooi belangstellendes na hul volgende vergadering in Februarie 2016. Vir meer inligting skakel gerus Dini Jansen by 082 552 4683.

Exit mobile version