Local newsNews

VLU reis om die wêreld

Die VLU Brackenhurst-tak het die jaar op ’n feestelike wyse afgesluit met ’n om die wêreld tema partytjie.

ALBERTON- Die VLU Brackenhurst-tak het die jaar op ’n feestelike wyse afgesluit met ’n om die wêreld tema partytjie.

Die jaarafsluiting wat op 4 November by die Brackenhust NG Kerk gehou is, is deur die Brackenhurst VLU-tak gereël vir lede van heide en verre. Landsvlae is gespan oor die verhoog en twee Spaanse dansers van Verwoerdpark het die dames vermaak. By die ingang was ’n pragtige tafel wat volgens ’n Hawaiï tema gedek was en elke gas het ’n heerlike mengeldrankie en ’n Hawaiïese lei oftewel blommestring ontvang by die deur. Die gasvroue het die tafels bedien met Tappas en vandaar is gekuier dat die biesies behoorlik bewe.

As jy belangstel om by die Brackenhurst VLU-tak aan te sluit, skakel Anita Liesching by 083 457 6332.

Related Articles

Back to top button