Helpende Hand kuier by Kinross

Solidariteit Helpende Hand se Alberton-tak het ‘n kerspartytjie vir 88 bejaardes van Kinross Herberg gehou op 24 Oktober.

ALBERTON- Solidariteit Helpende Hand se Alberton-tak het op 24 Oktober ’n kerspartytjie vir 88 bejaardes van die SAVF Kinross Herberg gehou.

Daar is speletjies gespeel, pryse is uitgedeel en elke bejaarde het ’n geskenkpakkie met heerlike tuisgebakte koekies ontvang.

Tydens die speletjies is aan bejaardes gevra wat sou die drie belangrikste wenke wees wat hulle met jongmense wil deel en hul antwoorde was: “moet nooit opgee nie”; “gryp elke geleentheid aan” en “volg Christus se voorbeeld”.

Die bejaardes het die partytjie terdeë geniet en is ook voorgestel aan die nuwe lede van Helpende Hand se Germiston-tak wat

vanaf 2016 na hulle gaan omsien.

Belangstellendes met ’n passie vir omgee vir minderbevoorregte Afrikaanssprekendes, kan die tak kontak deur Alta Hattingh by 084 913 7386 te skakel, ’n e-pos te stuur na shh.alberton@gmail.com, vir Jenny Araujo van die Germiston-tak te skakel

by 079 544 6837 of ’n e-pos stuur na jennydcaraujo@mail.com

Om meer te leer oor Helpende Hand se projekte, besoek gerus www.helpendehand.co.za

Exit mobile version