Local newsNews

Talentvolle Hardus Hartzenberg inspireer by LewenSentrum

Hardus Hartzenberg het die Emmanuelgroep behoorlik bekoor met sy sang en boodskap by hul onlangse Oktober byeenkoms. Dit was Hardus se derde optrede in vier jaar by dié groep van Alberton LewenSentrum in Meyersdal.

ALBERTON – Hardus Hartzenberg het die Emmanuelgroep behoorlik bekoor met sy sang en boodskap by hul onlangse Oktober byeenkoms. Dit was Hardus se derde optrede in vier jaar by dié groep van Alberton LewenSentrum in Meyersdal.

Hierdie passievolle Jacobsdal boer en vermaaklikheidskunstenaar het saam met sy wederhelfte, Odette, en hul twee dogters Laurize en Moya Hartzenberg, die gehoor tot ’n staande ovasie laat rys met sy gevoelvolle vertolking van opera-arias en vele Afrikaanse en klassieke treffers. Hardus het die gehoor in die palm van sy hand vasgevang met sy ongelooflike weergawe van Voshaarnooi uit Ballade vir ’n Enkeling, die immergroen Droomvrou, Pampoen en die ewigdurende klassieke, You raise me up. Sy afsluiting met Jerusalem, sal beslis almal bybly.

Emmanuelgroep se volgende gaskunstenaar is Manie Jackson, terwyl Ronel Erasmus op 21 Januarie, 2016, verwag word.

’n Ruiker is ook oorhandig aan Marelie Rabie en die ywerige werkspan van die Emmanuelgroep, vir die besondere vreugde wat hulle in die lewens van afgetredenes en eensames bring met hul uitreik aksies.

Vir meer inligting oor die Emmanuelgroep kontak Johan Schutte by 082 854 5757.

Lees gerus: Emmanuel groep vier tiende verjaarsdag

Related Articles

Back to top button