MunicipalNews

Braaigeriewe deur ons verwyder – EMM

Die braaigeriewe was die vorige dag nog gebruik, maar toe ’n inwoner Maandag deur die park stap, het geblyk vandale het op hul eie manier partytjie gehou.

DIE Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) het bevestig dat die braai fasiliteite by ’n ontspanningspark in St Aubynweg en Eaton Terrace nie die handewerk van vandale is nie.

Dit volg nadat Louis Kruger (64) van New Redruth die RECORD ontsteld gekontak het toe hy deur die park gestap en opgemerk het dat sowat vyf van die braaigeriewe omgegooi is.

VERWYDER: Louis Kruger by die braaigeriewe wat hy sê op 11 Oktober nog in gebruik was. Die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) het nou bevestig dat hulle self die geriewe verwyder het.
VERWYDER: Louis Kruger by die braaigeriewe wat hy sê op 11 Oktober nog in gebruik was. Die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) het nou bevestig dat hulle self die geriewe verwyder het.

Themba Gadebe, munisipale woordvoerder, het by navraag gesê die verwydering van die braai fasiliteite was nodig omdat daar op ’n gereelde basis klagtes vanaf die publiek ontvang is.

“Inwoners wat rondom die park woon het die munisipaliteit ingelig dat mense wat die park besoek in die park braai, alkohol gebruik, klipharde musiek speel en hulle motors op die grasperke bestuur.”

Hy het voorts gesê die park is ’n gemeenskapspark en nie ’n streekspark nie.

VUIL: Glasbottels word moedswillig teen hierdie klip flenters gegooi.
VUIL: Glasbottels word moedswillig teen hierdie klip flenters gegooi.

“Dit is waarom daar ook geen toilet fasiliteite is nie. Oop vure word ook nie in die park toegelaat nie. Mense wat van die park gebruik maak urineer by die bome wat kinders wat in die park speel dan aan onhigiëniese toestande blootstel.”

Kruger is ook ontsteld omdat rommel oral in die park sigbaar is, ten spyte daarvan dat daar genoegsame vullisdromme regoor die park opgerig is.

Dit blyk dat ’n groot klip naby ’n vullisdrom die plek geword het waar veral glasbottels flenters gegooi word. Dié gebreekte glas kan ’n gevaar vir kinders wat in die park speel, inhou.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button