NewsSchools

Laerskool Randhart se kore is tops

Laerskool Randhart se twee kore, die Kiewiete en die Randrefrein, het vanjaar uitmuntend gevaar.

ALBERTON- Laerskool Randhart se twee kore het vanjaar uitmuntend presteer.

Die Kiewiete koor se graad een- tot drie-leerders het tydens die strawwe Super 12-kompetisie ’n cum laude toekenning van 90,4 persent ontvang en tydens die Vivace Koorkompetisie ’n allermintige A++ behaal. By die Alberton Kunswedstryd het die Kiewiete ’n gemiddeld van 95 persent losgesing en is saam met Laerskool Elspark as die afdelingwenners aangewys.

Die Randrefrein koor se graad vier- tot sewe-leerders het die beoordelaars by die Super12-kompetisie sodanig beïndruk dat hulle as algehele wenners van die kompetisie aangewys is. Die koor het voortgebou op hierdie puik prestasie en ook die Vivace Koorkompetisie met ’n A++ gewen. By die Alberton Kunswedstryd is hulle as afdelingwenners aangewys met ’n gemiddeld van 96 persent.

Randrefrein het gedurende die jaar saam met die Drakensbergse seunskoor opgetree.

Laerskool Randhart is trots op albei hierdie kore, hul afrigter Karen Jacobs en begeleidster, Christa Feistel.

Lees gerus: Ranties doen dit weer!

Kyk gerus: Gallery: Ranties gaan groot

Related Articles

Back to top button