Local newsLocal NewsNewsBreaking News

VIDEO’S + FOTOGALLERY: Brand veroorsaak groot skade by herwinningsfabriek

’n Brand by ’n herwinningsfabriek het kort na 09:00 vanoggend gewoed.

’n Herwinningsfabriek is in sak en as na ’n vuur vanoggend uitgebreek en na beraming miljoene rande se skade aangerig het.

Ekurhuleni Ramp Nooddienste en die National Paramedical Services was net na 09:00 op Gaytari Paper Mills in Alrode se perseel nadat inligting ontvang is dat herwinningsmateriaal vlam gevat het.

SIEN VIDEO’S ONDER

William Ntladi, mediawoordvoerder van die Ekurhuleni Ramp Nooddienste, het gesê vier brandweerdienste en ses waens is na die toneel ontbied.

Also read: Fire at Alrode rubber factory draws crowds

Hy het gesê dit is gedoen om die brandende herwinningsmateriaal, wat hoofsaaklik uit aluminiumfoelie bestaan, te keer om na ander herwinningsmateriale, soos kartonbokse wat daar naby gestaan het, te versprei.

William Ntladi, mediawoordvoerder van die Ekurhuleni Ramp Nooddienste

“Ons het brandweerwaens van so ver as Palmridge en Thokoza laat kom om bystand te verleen. Dit lyk of ons die brand onder beheer gekry het, maar die brandweerpersoneel sal moontlik tot vanaand toe nog besig wees om seker te maak dat daar nie nog ’n vlam iewers ongesiens gelaat word nie.”

Ntladi het gesê die brandweer gaan die herwinbare materiaal, per bondels natmaak en na elders op die perseel verskuif.

https://twitter.com/ALBRecord/status/653872261183766529

Freddy Binder, eienaar van Binderbox, wat kartonbokse op die perseel het, het gesê die fabriek se personeel het gesien dat die vuur van die aangrensende muur afkom.

“Die personeel het die rook gesien, maar dit was reeds te laat en daar was niks wat ons kon doen om dit te keer nie weens die materiaal wat so hoogs vlambaar is.”

Brandweerdienste probeer vlamme keer:

Ntladi skryf die ramp toe aan die droë en warm temperatuur wat tans regoor Gauteng gevoel word.

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Verwante artikels:

• Sundowners Pub on fire

• Cause of Alrode fire under investigation

• Drug addict sets house on fire

Related Articles

Back to top button