Kom speel ’n potjie vir liefdadigheid

Die NG Kerk Alberton-Wes hou ’n gholfdag ten bate van hul uitreikprogram.

NG Kerk Alberton-Wes hou ’n gholfdag ten bate van hul uitreikprogram op 19 November by die Reading Buiteklub.

Spelers word genooi om in te skryf en ’n dag vol pret op die gholfbaan te geniet. Die formaat vir die gholfdag is Betterball Stableford en kostes beloop R1 200 per vierbal. Dit sluit halfweghuis, aandete en pryse in.

Die organiseerders is steeds op soek na borge. Maatskappye of individue kan ’n putjie borg vir tussen R500 en R1 500, afhangende van die plasing van die putjie op die baan of afslaanbof.

Vir meer inligting of besprekings kontak Deona by 011 869 0001, Vicki by 082 882 7558 of Jurg by 082 450 2799.

Exit mobile version