LifestyleCrimeNews

VIDEO: Man betrap kwaaddoeners in sy erf

Twee vermeende huisrowers is deur CPS Sekuriteit aangekeer.

Sekuriteitsmaatskappye waarsku inwoners dat daar ’n skerp styging in huisrooftogte is.

Dit volg nadat twee vermeende huisrowers op 1 Oktober omstreeks 13:00 deur CPS Sekuriteit aangekeer is.

Frik Schmidt, ’n inwoner van Alberton-Noord het gesê hy het sy huis vir sowat 30 minute verlaat om vinnig inkopies by die Alberton City winkelsentrum af te handel toe hy twee mans in sy erf betrap het.

SIEN VIDEO ONDER

“Ek was besig om die hekkie agter in my erf oop te maak toe ek deur die mans uit die pad gestamp word soos hul vlug.”

ONGELUKKIG: Amanda Schmidt, by die traliehek wat vermeende huisrowers beskadig het. Haar man, Frik, het hulle betrap, waarna die kwaaddoeners probeer vlug het.
ONGELUKKIG: Amanda Schmidt, by die traliehek wat vermeende huisrowers beskadig het. Haar man, Frik, het hulle betrap, waarna die kwaaddoeners probeer vlug het.

Schmidt het gesê omdat sy tweerigtingradio, wat met die Alberton Gemeenskapspolisiëringsforum se netwerk verbind is, byderhand was, kon hy dadelik vir hulp roep.

Lees ook: CPS Security catch two thieves with stolen goods

“Dit is toe dat die sekuriteitsmaatskappy reageer en my te hulp snel.”

Donovan Supra, ’n taktiese reaksie beampte van CPS Sekuriteit, het die twee kwaaddoeners aangekeer.

Schmidt het gesê dit is nie die eerste keer wat sy huis deur rowers geteiken word nie.

Sowat R6 000 se skade is by die agterdeur aangerig omdat die tralie hek, sowel as die houtdeur tydens die vermeende huisinbraak beskadig is.

Schmidt se vrou, Amanda, het gesê sy is moeg vir die misdaad in hulle area.

Lees ook: CPS security and EMPD crime task team work together

Tyrone van der Merwe, woordvoerder vir CPS Sekuriteit, het gesê hulle is ook enkele ure voor Schmidt se voorval, na twee ander huisinbrake in die Alberton-Noord en Florentia areas uitgeroep.

“Dit wil voorkom of sulke misdade nou hoogty vier soos die Desember feesseisoen al nader kom, maar ons bly steeds een stappie voor die misdadigers,” het hy gesê.

Verwante artikels:

• Thief apprehended by CPS Security

• CPS Security catches two more suspects

• Would-be-robber caught in the act

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button