Lance James kuier by LewenSentrum

Lance James het behoorlik hartsnare geroer met sy onlangse besoek aan Alberton!

ALBERTON- Lance, ’n bekende country sanger het op Donderdag, 17 September, heerlik saam met die afgetredenes by die LewenSentrum gekuier.

Hy het almal rustig gestem met die mooiste en bekendste liedjies uit die verre verlede en almal op ’n historiese reis geneem. Lance het begin by die 40s met ’n paar staaltjies uit sy wedervaringe en uit sy hart uit gesing. Lede van die Emmanuelgroep het spontaan deelgeneem en ou herinneringe kon duidelik in almal se oë gesien word.

Lance het die oggend afgesluit met Die Ou Familie Bybel en na afloop van die oggend is daar van sy CDs verkoop terwyl almal versnaperinge geniet het.

Die Emmanuelgroep bedank graag Lance en die LewenSentrum vir die gebruik van die fasiliteite.

Vir meer inligting oor die groep kontak 082 854 5757.

Jy sal ook mini-miracles by Lewenssentrum geniet

Exit mobile version