Local newsLocal NewsNews

Die kuns van die storie

Alberton Biblioteek het op 23 September ’n lente vir senior burgers gehou. Die bywoners is in klein groepies verdeel en moes met ’n storie vorendag kom om vir die hele groep aan te bied. Die wen groep het ’n prys gewen.

ALBERTON – Die Alberton Biblioteek het op 23 September ’n lenteoggend aangebied vir senior dames.

Die waarde van stories en hoe om die kuns van storie vertel te bemeester is bespreek.

Die ouer garde is in groepe van vier verdeel waar hulle koppe bymekaar gesit het oor wattter storie hulle vir die groot groep wil vertel en het iemand aangewys as storieverteller. Die dames het vorendag gekom met staaltjies uit hulle eie lewens, fabels uit ons eie geskiedenis en oorspronlike stories. Die lenteoggend het geskied oor ’n heerlike koppie tee en lekker vingerhappies.

DIE KUNS VAN STORIE VERTEL: Hilda Tshweu van die Alberton Biblioteek verwelkom die dames by die lenteoggend.
DIE KUNS VAN STORIE VERTEL: Hilda Tshweu van die Alberton Biblioteek verwelkom die dames by die lenteoggend.

Karin Muller, die hoof van die biblioteke in Ekurhuleni, sê hulle beoog om nog sulke oggende in die nabye toekoms te hou. Hierdie oggend is deur Hilda Tshweu van die Alberton Biblioteek gereël.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button