Local newsLocal NewsNews

Alberton sport sal rugby se Stein altyd onthou

Leon Steinhobel het diep spore in die sportwêreld getrap

ALBERTON — Leon Steinhobel oftewel Stein se nagedagtenis sal voortleef in die harte van Alberton se sportgemeenskap insluitend die rugby- en krieketklubs en boks-organisasies.

Hy het diep spore in die sportwêreld getrap en was lid van die o.20 Alberton span wat as wenners uit die 1972 o.20 Pirates Grootuitdaagbekerliga getree het.

Stein se ongelooflike versameling sport memorabilia met foto’s van hom saam met sportgrotes soos Graeme Pollock en Frik du Preez, is sy nalatenskap en het beklemtoon in welke hoë sportkringe hy beweeg het.

Tydens Stein se begrafnis vanuit die Alberton LewenSentrum is die laaste eer aan hom betoon deur Kevin de Klerk, Dave Fredericksen en verskeie provinsiale sportuitblinkers.

Totsiens Stein en dankie vir die lewenslange herinneringe.

Related Articles

Back to top button