Marais Viljoen se perderuiters blink uit

Marais Viljoen perderuiters het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Skole-Vereniging vir Ruiterkuns (Sanesa) se nasionale perdry kompetisie deelgeneem.

HOËRSKOOL Marais Viljoen se perderuiters is onlangs tydens ’n prysuitdeling vir hul deelname aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Skole-Vereniging vir Ruiterkuns (Sanesa) kompetisie, wat in Brakpan aangebied is, vereer.

Anne-Marié Potgieter, die skool bemarkingsbeampte, het gesê die ruiters is as wenners in Kategorie-F, ’n kategorie vir skole met tussen nege en 12 ruiters, aangewys.

Rebecca Snyman het die meeste punte tydens vier byeenkomste aangeteken en het daarvoor die Equestrem Varietate-trofee ontvang. “Dié trofee word slegs toegeken aan ’n ruiter wat al vier die byeenkomste bygewoon het en aan ses verskillende perdryklasse gedurende die jaar deelgeneem het.” Volgens Anne-Marié word hierdie trofee deur die nasionale kantoor beoordeel en toegeken.

“Behalwe vir dié toekenning het Rebecca Snyman ook algeheel tweede geëindig. Nog ’n staatmaker ruiter, Danté Joubert, het ’n algehele sesde plek behaal.”

Dominique Bensch het ’n meriete sertifikaat vir driegangtitels ontvang en ook ’n toekenning vir mees toegewyde ruiter.

“Ons is baie trots op ons ander ruiters, Shouniez Duffey en Klarissa Terblanche, wat ook toekennings ontvang het vir hul toewyding,” het Anne-Marié gesê. “Marais Viljoen het bo alle twyfel ruiters met baie talent en toewyding.”

Danielle Nigrini het by die prysuitdeling ’n sertifikaat vir uitnemendheid ontvang en Kaylee Koch het ook haar vlak 0 sertifikaat in die dresseer- en skouspring-afdelings ontvang.

Verwante artikels:

Orion se ruiters galop vorentoe

Catch the best Equestrian riders at Kyalami

Showjumping returns to Turffontein

Exit mobile version