Steek op jou hand vir jou gemeenskap

Solidariteit Helpende Hand se Gauteng-Suid-streek het tans 15 vrywilliger-gedrewe takke wat droom om na ander gemeenskappe uit te brei.

Solidariteit Helpende Hand Gauteng-Suid is dringend op soek na vrywilligers wat ’n boodskap van hoop kan uitdra na diegene wat in stilte ly.

Die Gauteng-Suid-streek het tans 15 vrywilliger-gedrewe takke wat graag na ander gemeenskappe insluitend Springs, Brakpan, Nigel, Sasolburg, Carletonville, Westonaria en Randfontein wil uitbrei.

“Hierdie gemeenskappe is dringend op soek na hulp en Helpende Hand kan dit vir hulle bied,” het Marlien van der Westhuizen, mediaskakelbeampte van Solidariteit Helpende Hand gesê.

“Ons fokus op die verligting, verbreking en voorkoming van Afrikaner-armoede en maak staat op ons gemeenskappe om ons inisiatiewe en projekte te ondersteun.”

Sy het gesê as daar lesers is wat slegs een uur per week hul hart vir weerloses wil oopmaak, kan hulle die streeksorganiseerder, Adele Kruger, by 079 881 3338 skakel of ’n e-pos stuur na adele@helpendehand.co.za.

Verwante artikels:

• Helpende Hand brei 46 komberse

• Solidariteit skooltassieprojek is goed op dreef

• Solidariteit Alberton bied damestee aan

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version