Karbatterye en -bande teruggevind

Twee verdagtes word verdink van ’n inbraak by ’n Alrode besigheid nadat meer as 70 karbatterye in hul besit gevind is.

MEER as 70 karbatterye is teruggevind nadat die Oos-Randse Blitspatrollie snuf in die neus gekry het.

Sersant Phora Nkuna, polisiewoordvoerder van die Alberton Polisiestasie, het gesê dié karbatterye is moontlik by ’n besigheidsperseel in Alrode gesteel.

“Die polisielede het onraad vermoed toe hulle ’n oorlaaide kar gesien het. Hulle het toe hierdie kar voorgekeer,” verduidelik Nkuna.

Hy het gesê die polisielede het op karbande en -batterye afgekom. Die twee verdagtes het nie enige betalingsfakture by hulle gehad nie en is dus op die toneel in hegtenis geneem.

“Dit het later uitgekom dat al hierdie items tydens ’n inbraak by ’n besigheid gesteel is.”

Volgens Nkuna het die verdagtes reeds in die Palmridge Landdroshof verskyn, waar die saak tot ’n latere datum uitgestel is.

Die ondersoek duur steeds voort.

Verwante artikels:

• Caught in the act

• Theft and vandalism caused power outages in Alberton

Exit mobile version