Community AnnouncementsNews

Sonskyndames vier 78 jaar

Sonskyn VLU-tak vier hul 78ste bestaansjaar met ’n internasionale dag propvol lekkernye van Griekse, Hollandse en Portugese herkoms op 21 September by die NG kerksaal in Verwoerdpark.

ALBERTON- Sonskyn VLU-tak vier hul 78ste bestaansjaar met ’n internasionale dag propvol lekkernye van Griekse, Hollandse en Portugese herkoms.

Die internasionale dag sluit ook ’n spesiale aanbieding oor Egipte op 21 September om 09:30 vir 10:00 by die NG Kerk in Glenrylaan, Verwoerdpark in.

Die publiek word uitgenooi om bykans agt dekades saam met die tak te vier.

Kaartjies beloop slegs R60 per persoon en moet teen 16 September by Dini Jansen op 082 552 4683 bespreek word.

Kyk gerus na die fotos van die werkswinkel wat dié tak onlangs aangebied het.

Related Articles

Back to top button