Local newsNews

Skenk bloed, bou ons erfenis

Die Suid-Afrikanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) wil Suid-Afrikaners aanmoedig om hulle erfenis te vier deur aan te sluit by die familie van bloedskenkers wat so getrou aan ander gee.

ALBERTON-September is erfenis maand en die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) wil Suid-Afrikaners aanmoedig om hul erfenis te vier deur aan te sluit by die familie van bloedskenkers wat so getrou aan ander gee.

Ons mag ’n uiteenlopende nasie wees, maar ons het tog baie in gemeen en een van daai dinge is ons behoefte aan bloed. “Dit is ’n buitengewone gedagte dat hiérdie waardevolle vog wat deur my are vloei presies is wat jy dalk nodig mag hê,” sê Vanessa Raju, SANBS se kommunikasie-bestuurder.

Die SANBS se doel is om elke dag 3 000 eenhede bloed te kollekteer om moeders wat kraam, slagoffers van ongelukke en duisende ander wat bloed-oortappings benodig, te kan help. Die bloeddiens poog om altyd Suid-Afrika se bloedvooraad stabiel te hou en het dus elke Suid-Afrikaner se hulp nodig.

Vir meer inligting oor hoe om ’n skenker te word, besoek www.sanbs.org.za of loer na die SANBS se Facebook-blad.

Verwante artikels:

Be a love and donate blood

Heritage day at Alberton SAPS

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button