FOTO’S: Pret op die gholfbaan vir liefdadigheid

Met die ekonomiese klimaat wat verander moet nie-winsgewende organisasies aan nuwe maniere dink om geld in te samel.

GLENVISTA — Al het die winterswind oor die Glenvista Buiteklub uitgesak kon dit nie die goeie gees om geld vir liefdadigheid in te samel kelder nie.

Meer as 100 gholfspelers het besluit om vir ‘n dag van werk te vergeet en tyd ingeruim om ‘n verskil in die lewens van die gemeenskap se kinders te maak toe Alberton Kinderwelsyn sy tweede jaarlikse gholfdag onlangs aangebied het.

Lizanne Booysen-Nel, ‘n lid van die kinderwelsyn se bestuursraad, het gesê hulle is tevrede met die opkoms van die gholfspelers.

Lees ook: Child Welfare underfunded by a staggering 70 per cent

“Met die huidige Suid-Afrikaanse ekonomiese klimaat is dit moeilik vir nie-winsgewende organisasies soos ons om kop bo water te hou wanneer daar op skenkings en donasies van die gemeenskap staat gemaak word om te bly voortbestaan,” het sy verduidelik.

Sy het gesê die geld wat tydens die dag ingesamel is gaan gebruik word vir opknappingswerk by die perseel.

“Ons is ‘n plek van veiligheid vir mishandelde en verwaarloosde kinders. Tans is daar 22 kinders tussen die ouderdoms van een en 12 jaar wat by die welsyn woon, maar ons sien ook om na kinders van nagenoeg 2 000 gesinne in die Alberton area,” het Booysen-Nel vertel.

Verskeie items, soos sport memorabilia, is tydens die prysuitdeling opgeveil.

Lees ook: Waters will visit Alberton Child Welfare

Die kinderwelsyn reël vir 10 Oktober ‘n damesoggend om 10:00, waar Aletta Winckler die gasspreker sal wees.

Kaartjies kos R300 per persoon of R3 600 vir ‘n tafel van 10 persone.

Vir meer inligting oor dié oggend, of hoe om by die kinderwelsyn betrokke te kan raak, kan die kantoor by 011 907 3004 of per epos by acw.function@gmail.com gekontak word.

Die geld gaan vir die welsyn wat op donasies van die gemeenskap staatmaak.

Lizanne Booysen-Nel is deel van die board of management vir die kinderwelsyn.

“Ek is eintlik ‘n prokureur wat in kinderregte spesialiseer, dus is kinders nog altyd na aan my en dis waarom ek betrokke geraak het.”

Die kinderwelsyn het 22 kinders tussen die ouderdom van 1 en12 jaar.

“Ons is ook van diens vir 2 000 gesinne in die Alberton area asook ‘n plek van veiligheid vir mishandelde en afgeskeepte kinders.”

Die geld gaan gebruik word vir opknappingswerk.

Die kinderwelsyn het ook op 10 Oktober ‘n damesoggend met Aletta Winckler as gasspreker om 10:00.

Kaartjies kos R360 per persoon of R3600 per tafel vir 10 persone.

Related articles:

• Reading junior golf tournament a success

• Support the SPCA golf day

• Make dad a golf bug

Exit mobile version