21 jaar van diens

Toe Henri Schoeman op 1 Augustus, 1994, die leisels oorgeneem het, by dr. Piet Krynauw, as hoof van Hoërskool Alberton, het hy nie gedink hy sal 21 jaar later nog in dieselfde pos wees nie. Henri is tot dusver die hoof wat die langste permanente aanstelling by dié skool beklee, maar hy is nou ampertjies reg vir aftree. “Die restourasie van dié geskiedkundige skool sal my afskeidsgeskenk wees en ek moet seker maak dat die werk behoorlik gedoen word.”

ALBERTON- Toe Henri Schoeman op 1 Augustus 1994, die leisels oorgeneem het, by dr. Piet Krynauw, as hoof van Hoërskool Alberton, het hy nie gedink hy sal 21 jaar later steeds in dieselfde pos wees nie.

Henri is tot dusver die hoof wat die langste permanente aanstelling by dié skool beklee, maar hy is nou ampertjies reg vir aftree. “Die restourasie van dié geskiedkundige skool sal my afskeidsgeskenk wees en ek moet seker maak dat die werk behoorlik gedoen word. Ek is werklik beïndruk met die hoë kwaliteit werk wat TCT Civil lewer en die restourasie, wat streng volgens geskiedkundige riglyne verloop, is reeds 48 persent voltooi,” sê hy.

Dit het Henri sewe jaar van vele vergaderings, oproepe, e-posse en bloedsweet gekos om die restourasie projek van R32 miljoen te bewerkstellig.

Die Pretorianer se middel dogter, Nadia Kirsten is ’n onderwyseres en sy seun, Jaco, werk as ’n rekenmeester by die Staatsdiens Kommissie (SDK). Sy jongste, Corné Vos was onderhoofdogter by Hoërskool Alberton en is vandag ’n pediatriese chirurg by die Tygerberg Hospitaal. “Ek is baie trots op my kinders” voeg Henri by.

Sy vrou, Marie, is die direkteur van akademie by die skool. “Ek het die direkteur sisteem sowat 15 jaar gelede in werking gestel en dit werk baie goed. Ons het ’n direkteur vir sport, kultuur, akademie, instandhouding ens. Onderwysers doen aansoek vir die poste en neem verantwoordelikheid vir die gebied. Alles verloop glad,” sê hy. “Ek is gelukkig om baie lojale personeel te hê. Hulle is lojaal teenoor die skool, teenoor my en die beroep. Almal neem hulle verantwoordelikhede ernstig op.”

Hoërskool Alberton nes ander skole het al probleme ondervind, maar die suksesstories is soveel meer. Op die vraag wat hom motiveer sê Henri: “Ek is baie lief vir my skoolkinders, dié kinders is my passie. Hulle maak alles die moeite werd”.

Exit mobile version