MunicipalNews

VIDEO: Lekkende brandkraan kwel inwoner

’n Inwoner van Florentia het dieselfde lekkende brandkraan al verskeie kere gerapporteer, maar na vier maande lek dit steeds.

FLORENTIA — Liters water van ’n lekkende brandkraan gaan daagliks verlore ten spyte daarvan dat ’n bekommerde inwoner van Florentia dit al meermale gerapporteer het.

Annette Kleynhans het die RECORD as ’n laaste uitweg gekontak nadat sy reeds vier maande gelede opgemerk het dat die brandkraan op die hoek van Fick- en Smitstraat begin lek het.

“In die begin was die lek minimaal, maar gedurende die afgelope twee maande het die lek net erger begin word,” het sy gesê.

DRUP-DRUP: Dié lekkende brandkraan op die hoek van Fick- en Smitstraat kwel Florentia inwoner Anette Kleynhans.
DRUP-DRUP: Dié lekkende brandkraan op die hoek van Fick- en Smitstraat kwel Florentia inwoner Anette Kleynhans.

Wat haar egter bekommerd maak is dat sy die lekkende brandkraan reeds verskeie kere aan die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) gerapporteer het, maar steeds word dit nie herstel nie.

Kleynhans het gesê sy wonder wie vir dié waterrekening verantwoordelik gaan wees.

“Ek weier om te betaal vir water wat as gevolg van die munisipaliteit se gebrek aan onderhoud vermors word.”

WATERLEK: Die lekkende brandraan op die hoek van Fick- en Smitstraat in Florentia.
WATERLEK: Die lekkende brandraan op die hoek van Fick- en Smitstraat in Florentia.

Die RECORD het ’n e-pos aan Themba Gadebe, EMM se woordvoerder, gestuur waar daar onder andere gevra is waarom dié brandkraan steeds nie herstel is nie en ook wie vir die rekening aanspreeklik gehou gaan word.

Hy het laat weet die versoek is ontvang en dat hulle daaraan werk.

Weet jy van enige ander lekkende brandkrane of waterpype in jou area? Laat weet vir ons in die kommentaarboksie onder die artikel.

Verwante artikels:

• Mayberry Park has sprung a leak

• Leaking valve caused water waste in Alrode

• Gallons of water wasted

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button