VLU samel klere in vir behoeftige kinders

Die Brackenhurst VLU tak wil hulle deel doen vir die gemeenskap en het klere ingesamel om aan behoeftige kinders te skenk.

ALBERTON – Brackenhurst VLU tak het klere ingesamel om aan behoeftige kinders te skenk.

Die ingesamelde klere gaan in September by die Overvaal Distrikskongres aan die Vroue Federasie oorhandig word, wat dit daarna aan kinderhuise sal versprei. Al die kleertjies is nuut en in ’n pragtige kondisie.

Die VLU het ook tydens hul byeenkoms op 5 Augustus, by die NG Kerk Brackenhurst, gewoeker en gewerskaf en boonop ’n nuwe vaardigheid aangeleer toe Suretha Byleveldt die dames gewys het hoe om ’n oneindige kaartjie oftewel ’n kaartjie met vele lae en kleure te maak. Met ’n bietjie beplanning en geknip het die dames elkeen hulle eie oneindige kaartjie gemaak.

Vir meer inligting oor die tak of om aan te sluit skakel gerus die skakelbeampte, Anita Liesching, by 083 457 6332.

Exit mobile version