VLU spog met vlytige vingers

Die dames van die VLU Sonskyntak het ‘n praktiese tog kunstige werkswinkel aangebied op die 20ste Julie by die NG kerk in Verwoerdpark. Onder andere het hulle syskerm werk gedoen, ‘n boekie met material oorgetrek,‘n geskenk sak uit papier gemaak, ‘n krale armband gemaak en ‘n hout potstaander versier.

ALBERTON- Dit was ’n gemeet en gepas, geknip en geplak, geryg en gewerk en een groot feestelikheid van kreatiwiteit tydens die VLU Sonskyntak se kunstige werkswinkel op 20 Julie.

Die dames het geleer hoe om syskermwerk te doen, ’n boekie met materiaal oorgetrek, ’n geskenksak uit papier gemaak, ’n hout potstander versier en ’n krale armband gemaak.

Dames van verskeie takke het heel oggend gesellig saam gekuier terwyl hulle aan hul spog skeppings gewerk het.

Die werkswinkel was aangebied deur Nicci du Preez van Sew Creative by die Verwoerdpark NG Kerk.

Die VLU Sonskyntak verwelkom nuwe lede. Skakel gerus vir Dini Jansen op 082 552 4683 indien jy wil aansluit by die tak.

Exit mobile version