Local newsNews

Sylvester aangekeer na 25 dae

Na 'n soektoeg van 25 dae is Sylvester, die ontsnapte leeumannetjie, eindelik aangekeer buite Beaufort-Wes.

ALBERTON – NA 25 dae op vrye voet is die driejarige leeumannetjie, wat deur ander leeus uit die Karoo Nasionale Park verdryf is, naby Beaufort-Wes aangekeer.

SANPark spoorsnyers het die leeu Maandag, 30 Junie, omstreeks 17:00 gesien en ‘n helikopter ontbied. Sylvester, soos die omliggende boere die leeu gedoop het, is nou binne ‘n spesiale kamp in afsondering geplaas.

Reynold Thakhuli, woordvoerder vir SANPark, het bevestig dat die leeu ‘n halsband aan het sodat hy gemonitor kan word. “Ons sal hom ‘n ruk lank monitor voordat ons besluit of hy weer in die reservaat vrygelaat kan word of eerder na ‘n ander reservaat verplaas moet word.”

Sedert sy ontsnapping, op 5 Junie, het 20 spoorsnyers die soektog te voet aangepak om Sylvester op te spoor.

Die leeumannetjie het ‘n koedoe en omtrent 26 skape gevang gedurende sy omswerwinge.

Related Articles

Back to top button