Sonskyntak vier die geveerdes

By die Junie vergadering van die VLU Sonskyntak het Dries Herbst en Giel Meyer die bespreking van verskeie voëls en plante gelei.

ALBERTON- By die Junie vergadering van die VLU Sonskyntak het Dries Herbst en Giel Meyer die bespreking oor verskeie voëls en plante gelei.

Dries het oor die Bloukraanvoël, die Lelkraanvoël en die besonderse Mahen voël gepraat en, tydens sy interessante praatjie, foto’s gewys en opnames van die drie voëls se geluide vir die dames gespeel.

Giel, ‘n oud-onderwyser en dosent, het oor die VLU se verkose boom van die jaar, die vaderlandswilg, uitgebrei. Dié boom versier heelwat sypaadjies in Alberton.

Hy het ook die gebruike van wilde pietersielie bespreek.

Elke lid het ‘n inligtingstuk met foto’s en beskrywings ontvang.

Die Sonskyntak nooi alle dames uit na ‘n werkswinkel op 26 Julie, wat die maak van papiersakkies, muurversierings, kaartjies en vele meer in sluit.

Indien jy die werkswinkel wil bywoon, of by die tak wil aansluit, skakel gerus vir Dalien Groenewald by 011 869 7483.

Exit mobile version