Marais redenaars na die ATKV-Redenaars landfinaal

Gustav Prinsloo en Anuske Prinsloo, van die Hoërskool Marais Viljoen, het bewys dat praat in die skool jou nie altyd in die moeilikheid bring nie.

ALBERTON – Hulle het op 22 Mei aan die halfeindrondte van die ATKV-redenaarskompetisie vir Oos-Gauteng hoërskole deelgeneem.

Net die wenners in die verskillende kategorieë gaan deur na die finale rondte.

Gustav gaan na die finaal in die graad 10 tot 12 voorbereid-kategorie, en Anuske na die onvoorbereide-kategorie vir graad agt en graad nege.

Die finale rondte van die kompetisie word vanaf 20 tot 22 Augustus, by die Goudini Spa in Worcester, aangebied.

Exit mobile version