Klasmaats staan saam

Dié graad ses R Randhart klasmaatjies kon nie langer kyk hoe hulle vriendin nie ‘n tablet het nie en almal het ingespring om die probleem op te los.

ALBERTON-Hierdie graad ses R Randhart klasmaatjies kon nie langer kyk hoe hulle vriendin moes sukkel omdat sy nie ‘n tablet het nie, en almal het ingespring om die probleem op te los.

Hoewel die gebruik van tablette ‘n instelling by die Laerskool Randhart is, is dit nie altyd bekostigbaar vir al die leerders nie.

‘n Leerder werk al van Januarie af sonder ‘n tablet en twee van haar klasmaats, Bochulé Swanepoel en AJ Rossouw, het besluit om die projek onder hulle vlerk te neem. Hulle het Marlize Visser,’n onderwyser by Randhart genader en haar hulp gevra.

Sy het die klas aangemoedig om betrokke te raak en die Graad Ses R klas het R1 500 ingesamel en bygedra tot die tablet en sak wat AJ Rossouw se ouers geskenk het.

Bochulé sê ds Rudi Swanepoel se boodskap in die Lig tydskrif het haar gemotiveer om te wil help.

Hy skryf: “Wanneer ons iets betekenisvol beleef, voel ons verbonde aan die mense met wie ons die ervaring gedeel het, en ons skep kosbare herinneringe.”

Exit mobile version