Die Wildekastaiings maak prag deurstoppers.
DIE VLU Wildekastaiing aandtak is weer lekker kreatief en vol lewensvreugde die Mei. Gasvrou Mandie van Niekerk het Dinsdag 5 Mei vir die dames gewys het hoe om die mooiste deurstoppers te maak.
ALBERTON- Daar is altyd iets nuut en interessant by enige VLU vergadering, en die dames van die VLU Wildekastaiingtak was weer lekker kreatief.
Die gasvrou vir die tak se vergadering op 5 Mei, Mandie van Niekerk, het die lede gewys hoe om die mooiste deurstoppers van materiaal en krale te maak.
Mandie en Elize Dickson het in 2014 diĆ© vaardigheid tydens ‘n VLU werkswinkel aangeleer, en dit met die dames kom deel.
Die VLU het ook by die jaarlikse konferensie twee skrywers van die jaar aangekondig, naamlik; Wilna Adriaanse en Lauren Beukes.
Sandra Badenhorst, die vise-voorsitter, het oor die skrywers gesels en van hul boeke is uitgestal.
Die Wildekastaiings vergader weer op Dinsdag, 2 Junie, vanaf 18:30 in die NG Kerk Alberton-Oos se saal. As jy belangstel om aan te sluit, skakel vir Ilonka Brits by 011 813 2038, of stuur vir haar ‘n e-pos by ilonkabrits@gmail.com.