Local newsNews

Sonskyntak word gemeenskapsbewus

As deel van die VLU omgewings bewustheid program het Marihet Infantino van AMCARE die VLU Sonskyntak dames 18 Mei toegespreek oor die probleme in ons gemeenskap.

ALBERTON- Sosio-Ekonomiese probleme plaas ongelooflike stremming op die ontwikkeling en welsyn van inwoners van verskeie gemeenskappe.

As deel van die VLU se program om meer bewus te word van wat in hul omgewing aangaan, het Marihet Infantino, van AMCARE, die VLU Sonskyntak dames op 18 Mei toegespreek.

Marihet het die vroue bewus gemaak van die sosiale probleme wat die gemeenskappe van Alberton, en die res van Suid-Afrika, moet aanpak en oplossings vind.

Baie mense is nie bewus van die groot impak van sulke probleme op ‘n gemeenskap nie.

Marihet het geraak aan kinder- en vrouemishandeling en verduidelik dat drank en dwelms diƩ probleme vererger.

Die VLU Sonskyntak vergader weer op 15 Junie, om 09:00, in die NG Kerk Verwoerdpark se saal.

Nuwe lede is altyd welkom. Indien jy sou belangstel om lid te word van die tak, skakel gerus vir Dalien Groenewald by 011 869 7483.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button