Local newsNews

‘n Prag oggend saam met die VLU

Die VLU Brackenhurst tak se Mei vergadering was ‘n prag affêre met die gasspreker Wylma Smalle wat oor mode, shoonheid en lewensvreugde gepraat het.

ALBERTON- Die Brackenhurst-tak van die Vroue Landbou-Unie (VLU) se Mei vergadering was ‘n pragaffêre, met gasspreker Wylma Smalle wat oor mode, skoonheid en lewensvreugde gepraat het.

Marline van der Walt het die opening waargeneem en gepraat oor hoe belangrik die vreudge van Christus in ons lewens is, en dat ons dit moet aanwakker.

In Wylma se spreekbeurt het sy die voorbeeld van ‘n blom, wat bye lok, gebruik om die vrouens te inspireer. “Soos die mooi kleure van ‘n blom en sy heerlike geur bye aantrek, so trek ‘n vrou in die regte kleur en uitrusting mense na haar aan,” het sy gesê.

Suzaan Heyns wat op by die VLU se jaarlikse konferensie as Kunstenaar van die Jaar aangewys is, is aan die lede voorgestel en Anna-Marie du Plooy, lid van die VLU Brakcenhurst-tak, het interessante brokkies oor Suzaan gedeel.

Skoonsusters Magda en Maude Deysel is as nuwe lede by Brackenhurst aan die tak voorgestel en elkeen het ‘n Overvaal grondwet en jaarprogram ontvang.

Vir meer inligting oor die Brackenhurst VLU-tak, skakel gerus vir Anita Liesching by 083 457 6332.

Related Articles

Back to top button